Lees ook: Man in hegtenis wat glo sy familie vermoor
’n Polisiebeampte is Vrydagmiddag in ’n ongeluk naby Jeffreysbaai oorlede.
Sers. Thomas Nemalangeni was op pad na Jeffreysbaai vanaf Gqeberha in sy Toyota Etios toe hy in ‘n botsing reg van voor met twee ander voertuie, wat in die teenoorgestelde rigting op pad was, betrokke was.
Sers. Nemalangeni is op slag oorlede. Die bestuurder van die Mitshibushi-bakkie is na ‘n hospitaal geneem terwyl die bestuurder van die Jeep Cherokee net ligte beserings opgedoen het.
Die polisie ondersoek ’n saak van strafbare manslag.
Bronne: SAPS



