Lees ook: Man in hegtenis wat glo sy familie vermoor
Die Poolse buitelandse minister het gister gesê die SAA-vliegtuig waarmee president Cyril Ramaphosa se sekuriteitspan gereis het, is gehok as gevolg van gevaarlike goedere aan boord wat nie verklaar is nie.
Die vliegtuig waarop verskeie joernaliste ook was, is vir omtrent 24 uur op die Chopin- internasionale lughawe vertraag.
Die Poolse ministerie het gesê die vliegtuig is gehok omdat daar gevaarlike goedere aan boord was, asook persone van wie hulle nie bewus was nie. Die Suid-Afrikaners aan boord moes vir ure wag voordat hulle die vliegtuig kon verlaat.
Bronne: eNCA, The Citizen, TimesLIVE



