Petrolprys daal na verwagting in Julie

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Minstens 41 dood in aanval op skool in Uganda

Volgens data van die Sentrale Energiefonds sal die petrolprys na verwagting in Julie daal as gevolg van ‘n sterker rand en die globale olieprys.

Die prys van 95 loodvrye petrol sal met 4 sent per liter daal en 93 loodvrye petrol sal 13 sent per liter minder kos.

Die prys van diesel 500 ppm sal met 7 sent per liter styg en paraffien sal met 6 sent per liter daal.

Die amptelike prysaanpassings sal eers 5 Julie 2023 gemaak word, dus is dit moontlik dat die pryse voor dan kan verander.

Bronne: BusinessTech, The Citizen, HeadTopics

Lees ook: Minstens 41 dood in aanval op skool in Uganda