Nege oorlewendes in hegtenis na boot naby Griekeland omslaan

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Minstens 100 kinders was in omgeslaande Griekse boot

’n Visserboot met 750 migrante, waarvan 100 kinders was, het Woensdag naby Griekeland aan die Peloponnese kus op pad na Italië omgeslaan. Altesaam 79 persone is oorlede. Die 104 oorlewendes is almal mans en seuns.

Nege oorlewendes, almal Egiptenare, is in hegtenis geneem op die vermoede dat hulle aan die smokkelring wat die reis gereël het, behoort. Dit is bevind die boot het uit Egipte na Libië gereis waar dit die migrante opgelaai het.

Die hoop om oorlewendes te vind, het gedaal met die kuswag wat sê hulle twyfel of nog mense lewendig gevind sal word.

Die Griekse owerhede word gekritiseer vir die feit dat hulle nie die migrante vroeër gehelp het nie, maar die owerhede beweer die migrante het hulle hulp geweier.

Bronne: Euronews, Yahoo, WABI-TV

Lees ook: Minstens 100 kinders was in omgeslaande Griekse boot