Klag teruggetrek na seun op fiets sterf

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Klag van strafbare manslag is vir eers teruggetrek nadat ‘n negejarige seun doodgery is.

Michael Pretorius is glo op 26 Maart 2022 deur ‘n vrou op sy fiets doodgery.

Die vrou het intussen op aanklag van strafbare manslag in die landdroshof in Brakpan verskyn, maar die saak is voorlopig teruggetrek, sê Lumka Mahanjana van die Nasionale Vervolgingsgesag.

Die saak was glo op verhoor geplaas, maar die ondersoekwerk is nog uitstaande. Volgens Mahanjana sal die saak weer voortgaan sodra die nodige verklarings gekry is.

Volgens Netwerk24 het die seun glo die dag van sy dood in ‘n stil straat op sy fiets gery.

‘n Motor het glo gestop sodat hy oor die straat kon ry, toe ‘n ander motor hom getref het.

Michael is die aand in die hospitaal oorlede.