KYK: Man vervals sy dood om familie en vriende ‘n les te leer

Deel hierdie storie / Share this story

Die TikTok-inhoudskepper David Baerten (45) van België, sy vrou en kinders het besluit om sy familie en vriende ’n les te leer. Baerten sê hy wou vir sy geliefdes leer dat dit belangrik is om in kontak met mekaar te bly.


Volgens Baerten maak sy famiie hom hartseer omdat hulle nooit na enigiets genooi word nie. “Niemand sien my nie. Ons het almal uitmekaar gedryf en ek het gevoel hulle waardeer my nie meer nie.”

Daarom wou die man, wat verskeie emosies deur sy aksie op sosiale media uitgelok het, sy familie en vriende ‘n les deur om in kontak met mekaar te bly.

“Ek wou hulle ’n lewensles leer en vir hulle wys dat jy nie moet wag totdat iemand dood is om hulle te ontmoet nie.”


Sy dogter het selfs ’n boodskap op sosiale media geplaas: “Rus in vrede, Pappa. Ek sal nooit ophou om aan jou te dink nie.


“Hoekom is die lewe so onregverdig? Hoekom jy? Jy sou ’n oupa word, en jy het nog jou hele lewe voor jou gehad. Ek het jou lief! Ons is lief vir jou! Ons sal jou nooit vergeet nie.”


“Baerten het verlede naweek sy eie “begrafnis” naby Liege, België, gehou. Hy het die begrafnisgangers groot laat skrik toe hy sy opwagting in ’n helikopter gemaak het.

’n TikTok-gebruiker het ook ’n video gemaak van hoe hy land en hoe sy familie en vriende oorweldig was en hom tegemoetgegaan het. ’n Man het selfs op sy skouer gehuil.

Baerten het aan Daily Mail gesê net die helfte van sy familie het by sy “begrafnis” opgedaag. Dit het aan hom bewys wie regtig vir hom omgee.


“Diegene wat nie gekom het nie, het my later gekontak om te ontmoet. So op ’n manier het ek gewen,” sê hy.

Nie almal stem egter met hom saam nie en mense op sosiale media beskryf die hele oefening as wreed.