Lees ook: Meisie (18) in Lebowakgomo vermis
Die polisie het ploftoestelle wat Woensdag tydens ’n diensleweringbetoging in Soweto geplunder is, teruggekry.
Die inwoners van die Diepkloof-hostel het die N1-hoofweg en Chris Hani-pad blokkeer tydens ’n diensleweringbetoging. Twee trokke gelaai met kruideniersware en ploftoestelle is deur die betogers voorgekeer en geplunder.
Die polisie het gou reageer en na die hostel gegaan en die ploftoestelle teruggekry. ’n Saak van openbare geweld is oopgemaak, maar nog niemand is in hegtenis geneem nie.
Bronne: SAPS
Lees ook: Meisie (18) in Lebowakgomo vermis



