Lees ook: Vloede in Kaapstad beïnvloed treindienste en elektrisiteit/
Die Suid-Afrikaanse weerdiens het ’n oranje vlak 6-weerwaarskuwing vir Kaapstad en dele van die Kaapse Wynlande uitgereik.
Nog ’n koue front word in die Wes-Kaap en Noord-Kaap sowel as dele van die Oos-Kaap verwag. Koue, nat weer met maksimum temperature van 10ºC word in die Namakwa-distrik van die Noord-Kaap en die binnelandse dele van die Wes-Kaap verwag.
Die waarskuwing kom na verskeie dele van Kaapstad oorspoel het. Treine en voertuie is tot stilstand gebring, huise is oorstroom en die elektrisiteitstoevoer is onderbreek.
Bronne: eNCA, Cape Town ETC., IOL
Lees ook: Vloede in Kaapstad beïnvloed treindienste en elektrisiteit/



