Vloede in Kaapstad beïnvloed treindienste en elektrisiteit

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Koue fronte word die week verwag

Vloede in Kaapstad het probleme veroorsaak met treindienste, verkeer en elektrisiteitstoevoer.

Verskeie wonings is oorspoel met dakke wat ingee en bome wat val. Verskeie paaie is onbegaanbaar, wat die verkeer opgehou het. Die krag het weens die weer afgegaan in Mitchells Plein, Bridgetown, Rosebank, Claremont, Philippi, Houtbaai, Grassy Park en Zeekoeivlei.

Daar is ‘n koue front in die Wes-Kaap met die reën wat na verwagting vandag sal voortduur ‘n Vlak 4-weerwaarskuwing vir die Kaapstad-metro, dele van die Wynlande en die Overberg is uitgereik.

Sommige passasiertreindienste in Kaapstad is ook tydelik gestop as gevolg van die vloede.

Bronne: SowetanLIVE, Daily Maverick, IOL, News24

Lees ook: Koue fronte word die week verwag