Minstens 79 migrante en oorlede na Griekse boot omslaan

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Beweerde dwelmhandelaar verskyn in hof

Minstens 79 migrante is oorlede toe ‘n oorlaaide visserboot van Libië wat na bewering op pad was na Italië gister omgeslaan het.

Altesaam 104 passasiers is gered, maar die owerhede het gesê honderde mense was dalk vasgekeer in die boot. Daar is verslae dat daar ongeveer 750 mense, waaronder sowat 100 kinders, op die boot was. Owerhede gaan voort met die soektog na oorlewendes, maar die kanse is skraal dat nog gevind gaan word.

‘n Ondersoek om die oorsaak van die ramp te bepaal, gaan geloods word. Die kuswag glo die boot het moontlik gaan staan na enjinprobleme of na die petrol opgeraak het, waarna dit omgeslaan het weens te veel mense aanboord.

Altesaam 29 van die oorlewendes is in die hospitaal terwyl agt ondervra word.

Bronne: BBC, eNCA, NBC News

Lees ook: Beweerde dwelmhandelaar verskyn in hof