Man kritiek beseer na hy onder tonne suikerriet vassit

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Man is Woensdag 14 Junie 2023 kritiek beseer toe hy op ‘n plaas in die Isinembe-area in KwaZulu-Natal onder ‘n vrag suikerriet beland het waar hy vasgekeer is.

IPSS Medical Rescue en IPSS Search and Rescue het rapportering van die ongeluk op die plaas ontvang.

Met aankoms is vasgestel dat die man onder die suikerriet, wat ongeveer sewe ton weeg, vasgedruk is.

Met behulp van hyskrane is die man onder die suikerriet uitgehaal en deur gevorderde lewensondersteunende paramedici gestabiliseer.

Weens die kritieke aard van sy beserings is hy deur ‘n Netcare911-helikopter na ‘n Vlak 1-traumafasiliteit gevlieg.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.