Bestuurders van voertuie vasgekeer tydens tromp-op botsing

Deel hierdie storie / Share this story

Twee bestuurders was Dinsdagaand ongeveer 18:15 in ‘n tromp-op botsing in Giel Basson-deurweg in Durbanville naby die N7 in die Wes-Kaap, betrokke.

Titanium Securitas het verskeie oproepe van die ongeluk ontvang.

Met aankoms is gevind dat beide die bestuurders in die voertuie vasgekeer is.

Reddingskake is gebruik om hulle te bevry.

Beide bestuurders is op die toneel gestabiliseer voordat hul vir verdere mediese behandeling na ‘n nabygeleë hospitaal vervoer is.

Titanium Securitas het ander rolspelers vir ondersteuning op die toneel bedank.

“Thank you to the City of Cape Town Fire and Rescue, Netcare911, ER24, LimaCharlie1, as well as local neighborhood watch for assistance on scene.”

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.