BD Nkhwashu, die waarnemende hoof van polisie in Tshwane Metro, het ‘n direktief (riglyne) ingestel nadat die departement hoë getalle klagtes van afpersing en teistering deur Tshwane Metro-polisiebeamptes teenoor die publiek ontvang het.
Die polisiehoof moedig die gemeenskap aan om te vra vir beamptes se aanstellingsertifikate.
Nkhwashu lig verder sy lede in dat die gemeenskap die reg het om foto’s te neem van die beampte en die amptelike voertuig of ‘n insident wat plaasvind, op te neem.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



