Verdagte in Vrystaat vas vir beweerde besit van Limpopo-boer se wapen

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Verdagte in sy 30’s is Saterdag 10 Junie 2023 omstreeks 22:30 tydens ‘n stop en deursoeking in die Vrystaat in hegtenis geneem nadat ‘n vuurwapen van ‘n boer van Limpopo glo in sy besit gevind is.

AO Mmako Mophiring, polisiewoordvoerder, sê daar was drie insittendes in die voertuig wat voorgekeer is.

Die vuurwapen is glo versteek gevind. Nadat geen wettige dokumente vir die vuurwapen oorhandig kon word nie, is inligting op polisiestelsels aangevra en gevind dat die vuurwapen aan ‘n boer van Limpopo behoort.

Die verdagte is vir die besit van ‘n ongelisensieerde vuurwapen aangekla en sal in die Phuhaditjhaba-landdroshof verskyn.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.