Donnalee en Ivan se babaseuntjie gebore

Deel hierdie storie / Share this story

Die akteurspaar Donnalee Roberts en haar man, Ivan Botha, het vandag hulle babaseuntjie in die wêreld verwelkom.

Botha het die goeie nuus op Instagram gedeel.

“Hello wêreld,” skryf hy. “Ek is so trots op my ROCKSTER-vrou. Donnalee, jy is die regte Wonder Woman. Die moed en krag wat ek in jou gesien het toe jy ons seun veilig die wêreld ingebring het, was die mooiste oomblik om te sien. Lief vir jou.”