Verras jou pa dié Sondagoggend op Vadersdag met ‘n lekker cowboy-ontbyt.
Bestanddele
1 ui, grofgekap
1 pakki evarkworsies, opgesny
1 rooi soetrissie, ontpit en rofgekap
1 geel soetrissie, ontpit en rofgekap
1 blikkie tamatie-en-uiesmoor
1 teelepel paprika
1 blikkie gebakte bone
Tabasco-sous
4 meel tortillas
½ koppie cheddarkaas, gerasper
Metode
Verhit ‘n braaipan tot matige hitte en braai die uie tot sag.
Voeg die varkworsies by en braai tot goudbruin.
Voeg die rooi en geelsoetrissies by die mengsel.
Voeg die blikkie tamatie-en-uiesmoor en paprika by en prut vir 10 minute tot effens verdik.
Roer die gebakte bone by en geur goed met sout, gemaalde swartpeper en ‘n stewige stootjie Tabasco-sous.
Plaas lepels vol in elk van die tortillas.
Sprinkel met die cheddarkaas en vou toe.
Bedien warm.
Plasing: Henriette Wessels/ WATERTAND RESEPTE VIR OUD EN JONK



