Thabo Bester – Zimbabwiër vasgetrek

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Zimbabwiese man (31) is Sondagoggend in Johannesburg, Gauteng as verdagte vir die ontsnapping van Thabo Bester in hegtenis geneem.

Brig. Athlenda Mathe, nasionale polisiewoordvoerder, sê die verdagte word deur ‘n klagte dat hy glo ‘n gevangene gehelp het om uit wettige aanhoudig te ontsnap in die gesig gestaar.

Mathe sê daar sal heel waarskynlik nog klagtes teen hom ingebring word.

Nege mense is tot dusver in dié saak in hegtenis geneem.

Die verdagte sal na verwagting Dinsdag 13 Junie 2023 in die Bloemfontein-landdroshof verskyn.

Mathe sê die moontlikheid dat nog inhegtenisnemings deur die polsie uitgevoer kan word, is nie uitgesluit nie.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.