Karen Zoid, Suid-Afrikaanse sangeres, het Gretha Wiid in ‘n onlangse plasing op haar Instagram-blad aangevat nadat Wiid gesê het sy gaan die kettingwinkel Woolwoths vir die res van Junie biokot omdat hulle “Pride” ondersteun.
Zoid het in haar inskrywing gesê die “Pride” wat Wiid pla, het baie meer te doen met dignity, selfvertroue en vredevolle gemeenskap met die res van die samelewing en dat sy nie werklik weet waaroor dit gaan nie.
Zoid verduidelik dat Pride ontstaan het na onluste in New York uitgebreek het buite die Stonewall-pub toe die polisie gewelddadig gereageer het op ‘n protes deur homoseksuele mense oor die reg om hul openlik te kan uitleef.
Zoid het Wiid ook vermaan en gesê haar haatspraak gaan haar weer in ‘n regssituasie laat beland.




