Help om Renier op te spoor

Deel hierdie storie / Share this story

Renier Louis Senekal (33) is vermis. Die saak is op Stellenbosch in die Wes-Kaap aangemeld.

Hy is skraal gebui met bruin oë en kort hare. Hy is van gemiddelde gewig en is 1.88 m lank.

‘n Uitkenbare merk is die woord “Principality” wat op sy regterarm getattoeëer is.

Hy is die laaste keer op 23 Mei 2023 in Kimberley opgemerk, maar was ook volgens inligting in Pretoria gesien.

Sy familie het ongeveer ‘n jaar laas met hom kontak gehad.

Indien enigiemand weet waar hy hom bevind, kan die volgende nommers gekontak word:

Stellenbosch-SAPD-speurtak – 021 809 5000 of Stop Misdaad by 08600 10111.

Pink Ladies-organissie by 072 214 7439 of 083 378 4882

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.