Die gewilde Carte Blanche-aanbieder, Derek Watts, het kanker.
Die nuus is Sondagaand tydens die uitsending van Carte Blanche bekend gemaak. Watts is glo verlede jaar met velkanker gediagnoseer, maar dit het intussen na sy longe versprei.
Die gewilde TV-aanbieder moes in April weer leer loop nadat hy die maand tevore inmekaargesak het en in die hopsitaal beland het. Hy het aanvanklik gedink dit was ‘n beroerte, maar die dokters het bevestig dat dit ernstige sepsis was.
Watts, wat nou eers op sy gesondheid gaan fokus, is sedert die ontstaan van die gewilde program in 1988 ‘n huishoudelike naam.
Hy het almal bedank vir hulle volgehoue ondersteuning. “Dankie vir al die liefde, die boodskappe, die gebede wat ons almal hoop gee.”
UPDATE ON DEREK WATTS' HEALTH@DerekWatts updates #CarteBlanche viewers on his health. Read the full statement now on our website. Papa D, the Carte Blanche family and MultiChoice team are behind you all the way. https://t.co/Tz9oeEXtdQ pic.twitter.com/KS9dI5Sqjy
— Carte Blanche (@carteblanchetv) June 11, 2023



