Altesaam 1 850 rondtes ammunisie gekonfiskeer

Deel hierdie storie / Share this story

Lede van Reaction South Africa (Rusa) het Maandag altesaam 1 850 rondtes ammunisie in Trenance Park in Verulam KZN gekonfiskeer.

Rusa het ‘n anonieme wenk ontvang dat die verkoop van wapens en ammunisie glo in Cottonwoodrylaan aan die gang is.

Reaksiebeamptes is onmiddellik uitgestuur en het ‘n 25 l-emmer gevul met bokse van 9 mm-, 40 kaliber-, geweer- en haelgeweerammunisie gekonfiskeer.

Die toneel is onmiddellik afgesper vir verdere ondersoek.