Gerda Steyn breek Comrades-rekord na 34 jaar

Deel hierdie storie / Share this story

Gerda Steyn het Sondag Frith van der Merwe se Comrades-rekord na 34 jaar gebreek.

Die Olimpiese marathonatleet Gerda Steyn het Sondagoggend die Comrades in 5:44:54 voltooi, vinniger as Van der Merwe wat die Comrades in 1989 in 5:54:43 voltooi het.

Steyn het geglimlag en gewaai toe sy die wenstreep oorgesteek het.

Adele Broodryk was die tweede vrou oor die wenstreep en Carla Morinaro het in die derde plek geëindig.