Lees ook: Woolworths verdedig ‘Pride month’- veldtog
Woolworths het ’n vals plakkaat wat die Moslemgemeenskap inlig hulle (Woolworths) het nie meer “hulle besigheid” nodig nie, gekritiseer.
Die plakkaat het soos ’n veldbrand op sosiale media versprei. Op die plakkaat staan dat Woolworths die Moslemgemeenskap bedank vir hulle besigheid die afgelope paar dekades, maar hulle waardeer nie meer hulle besigheid nie. Die plakkaat sê Woolworths het besluit om “met die tye te beweeg” en hulle ten volle met die LGBT-gemeenskap te assosieer. Die plakkaat beskuldig die CFO Roy Bagattini daarvan dat hy LGBT-programme gemik op kinders en tieners ondersteun en geld skenk om minder belasting te betaal.
Die plakkaat het ook gesê die skenkingsgeld word gekry van gewone verkope sodat almal onwetend aan die LGBT-veldtogte skenk. Die plakkaat sluit af deur te sê Woolworths het nie meer “hulle besigheid nodig nie” en verduidelik hoe om hulle rekeninge toe te maak.
Woolworths het aan IOL gesê dit is ’n vals persverklaring en mense moet dit nie verder deel nie.
Woolworths was onlangs in die spervuur na hulle ’n LGBT-veldtog geloods het vir “Pride Month”.
Bronne: IOL, Daily Voice, Flipboard, VN Explorer



