Jong man sedert 7 Junie vermis

Deel hierdie storie / Share this story

Die 29-jarige Shawn Basson is laas op 7 Junie in die Kuilsrivier-area gesien.

Volgens Missing Children South Africa het Basson ‘n swart baadjie, ‘n blou werksbroek en swart stewels aangehad.

Enigiemand met inligting kan die polisie in Kuilsrivier of Missing Children South Africa kontak.