Die legendariese Suid-Afrikaanse aktrise Christine Basson sou vandag haar 82ste verjaarsdag gevier het.
Basson was veral bekend vir haar rolle as Nora Naudé in die reeks Egoli en Marietjie Barnhoorn in Agter Elke Man.
Sy is op 9 Junie 1941 gebore.
Basson was voor haar dood ‘n inwoner by ‘n tehuis in Johannesburg, waar sy met haar gesondheid gesukkel het.
Sy was ook ‘n drama-onderwyseres en radio-aanbieder.
(Fotokrediet: Jacarabda FM)



