‘n Meisie (6) is op 3 Desember 2021 dood in Tubatse-polisiëringsarea in Limpopo gevind.
Kol. Malesela Ledwaba sê die polisie het intelligensie-gedrewe ondersoeke uitgevoer wat na die inhegtenisneming van Nangoma Levy Micheal, gelei het.
Die beskuldigde het die jong meisie ontvoer, verkrag en vermoor en is Woensdag 7 Junie in die Polokwane-hooggeregshof skuldig bevind.
Hy is 58 jaar gevonnis vir die klagtes en ‘n addisionele aanklag van regsverydeling.
Lt.genl. Thmbi Hadebe, provinsiale kommissaris van Limpopo, het die vonnis verwelkom en die beamptes vir hul noukeurige ondersoeke wat tot die skuldigbevinding en vonnisoplegging van die beskuldigde gelei het, geprys.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



