Lid van Valke en drie verdagtes noodlottig gewond

Deel hierdie storie / Share this story

Vroeër vanmiddag is ‘n lid van die Valke se Tactical Operations Management Section (TOMS) noodlottig gewond tydens ‘n oor-en-weer-skietery wat in die informele nedersetting van Lusaka, Mamelodi in Gauteng, plaasgevind het.

Brig. Nomthandaxo Mbambo, woordvoerder, sê die skietvoorval het tydens ‘n operasie plaasgevind.

Na bewering het TOMS-lede vanmiddag observasie op ‘n huis in Mamelodi gedoen waar daar glo hoëkalibergewere sou wees.

Lede het die sinkhuis (shack) takties benader, waartydens verdagtes op hulle begin skiet het. Die oor-en-weer-skietery het daartoe gelei dat ‘n TOMS-lid en drie verdagtes noodlottig gewond is.

Daar is op verskeie vuurwapens beslag gelê.

Lt.genl. Godfrey Lebeya, die nasionale hoof van die direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoek, het sy hartseer teenoor die verlies van die toegwyde lid van die Valke uitgespreek.

“The proliferation of illegal firearms in our communities is resulting not only the murders of innocent live but also robs us of the lives of police officers who have sworn to defend this country and it inhabitants,” het Lebeya mee afgesluit.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.