Die departement van gesondheid het bevestig dat die cholera-sterftesyfer in SA nou op 31 staan.
Altesaam 29 van die sterftes is in Gauteng aangemeld, terwyl die ander sterftes in die Vrystaat en in Mpumalanga plaasgevind het.
Die Hammanskraal-area is die middelpunt van die uitbraak.



