‘n Vrou (32) is Sondag 4 Junie 2023 omstreeks 21:00 in Mafunzastraat in Daveyton vir beweerde aanranding en huishoudelike geweld in hegtenis geneem.
Die Ekurhuleni- Metro polisiedepartement in die Bronberg-area sê in hul sosialemediaplasing dat hulle ‘n wenk van ‘n wetsgehoorsame burger ontvang het oor waar die vrou, wat glo gesoek word, haarself bevind.
Die inligting is deur Bronberg-distriksbeamptes opgevolg en hulle kon die verdagte opspoor, haar grondwetlike regte voorlees en in hegtenis neem.
Na bewering is die slagoffer en verdagte familie wat in dieselfde familie huis bly en baklei hulle glo oor eienaarskap van die huis.
Die verdagte is by Daveyton-polisiestasie aangehou en sal na verwagting binnekort in die Daveyton-landdroshof verskyn.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



