Lees ook: Twee dood en vyf beseer in massaskietery by gradeplegtigheid
Die polisie het Maandag inligting ontvang oor twee voertuie, ‘n Toyota Quantum en Nissan NP 300-bakkie, wat op die N14 tussen Coligny en Ventersdorp ry en agterdog gewek het.
Die polisie het die voertuie gevolg en toe hulle die Toyota tot stilstand dwing, het twee verdagtes uitgespring en gevlug. Die Nissan het weggery en verdwyn. ‘n Man van Mosambiek (41), wat die Toyota bestuur het, is in hegtenis geneem. Daar is 13 rolle koperkabels tot die waarde van R22 500 in die Toyota gekry.
Die Nissan is drie uur later tussen Wolmaransstad en Klerksdorp tot stilstand gedwing en vyf mans van Mosambiek tussen die ouderdomme van 21 en 33 is in hegtenis geneem.
Die ondersoek het bevind die koperkabels is by ‘n Eskom-substasie naby Coligny gesteel.
Die verdagtes sal vandag in die Coligny-landdroshof verskyn vir die besit van beweerde gesteelde koperkabels en skade aan noodsaaklike infrastruktuur.
Bronne: SAPS
Lees ook: Twee dood en vyf beseer in massaskietery by gradeplegtigheid



