Lees ook: Twee verkragters ontvang lewenslange tronkstrafvonnisse
Twee persone is gister dood en vyf beseer in ’n massaskietery by ’n gradeplegtigheid van ‘n hoërskool in Richmond, Virginia, VSA.
Die verdagte (19) het probeer vlug, maar is in hegtenis geneem. Hy het glo minstens een van die slagoffers geken.
Die twee mense wat oorlede is, is ’n pa (36) en seun (18). Die verdagte het kort na Hoërskool Huguenot se gradeplegtigheid op die mense wat besig was om uit te stap, te skiet.
Die motief vir die skietery is in hierdie stadium onbekend.
Bronne: BBC, The Guardian, ABC News
Lees ook: Twee verkragters ontvang lewenslange tronkstrafvonnisse



