Twee verkragters ontvang lewenslange tronkstrafvonnisse

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Eiendomsagent skuldig bevind aan bedrog

Twee verkragters is verlede week in die Butterworth-streekshof tot lewenslange tronkstraf gevonnis.

In die eerste voorval is Kwanele “Yaya” Mlinganiso (28) gevonnis vir die verkragting van ‘n vrou (28) by die Zangwa-lokasie in Ndabakazi buite Butterworth in September 2022.

 In die tweede voorval is Rafito Payito Wane, ‘n buitelander van Mosambiek, gevonnis vir die verkragting van ‘n vrou (22) by die eLalini-lokasie, Bika in Augustus 2021.

Bronne: SAPS

Lees ook: Eiendomsagent skuldig bevind aan bedrog