‘n Man is Dinsdagaand tydens ‘n rooftog in Oakfordstraat in Redcliff, KZN, in die maag geskiet.
Lede van Reaction Unit South Africa (Rusa) is omstreeks 20:44 na die toneel ontbied nadat hulle inligting oor ‘n skietery ontvang het.
Met hulle aankoms op die toneel het die vrou wat daar woon, beamptes ingelig dat sy geluide in die erf ondersoek het toe sy deur drie gewapende verdagtes voorgekeer is
Die mans het glo haar Samsung-selfoon gesteel en was besig om te probeer om ‘n vragmotor te steel toe ‘n man gaan ondersoek instel het. Hy is in die maag geskiet.
Die verdagtes het gevlug en die slagoffer is na ‘n hospitaal geneem.



