‘n Man (55) wat op op 1 Junie 2023 in hegtenis geneem is op ‘n klag van poging tot moord nadat hy glo sy meisie Woensdag 31 Mei 2023 in Mamelodi eers met petrol deurdrenk en haar toe aan die brand gesteek het, is in aanhouding dood.
Die slagoffer is met beserings in ‘n hospitaal opgeneem.
Na inhegtenisneming op Donderdag 1 Junie het die beskuldigde in die Mamelodi-landdroshof verskyn.
Kol. Mavela Masondo sê die beskuldigde het Dinsdagmiddag 6 Junie 2023 in die polisie-aanhoudingselle gesterf.
Hy het na bewering van pyn gekla, waarna polisielede dadelik nooddienste ontbied het. Paramedici het hom in die aanhoudingselle dood verklaar.
‘n Geregtelike doodsondersoek is geopen en die oorsaak van sy dood sal deur ‘n post mortem vasgestel word.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



