Mannejag geloods nadat polisievrou geskiet en beseer is

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Polisiekonstabel (35) is 7 Junie 2023 omstreeks 01:30 in die Masilo satelliet-polisiestasie in die Vrystaat geskiet en beseer.

Kapt. Stephen Thakeng, polisiewoordvoerder, sê drie onbekende mans, geklee in balaklawas, het die perseel betree.

Hulle het na bewering lukraak op die polisiebeampte wat aan diens was geskiet, waartydens sy in die maag gewond is. Die kontabel het teruggeskiet en die verdagtes het gevlug.

Sy is na ‘n hospitaal geneem.

‘n Saak van poging tot moord word ondersoek.

Inwoners wat inligting oor die verdagtes het, word gevra om na vore te kom.

Kontak kan met Stop Misdaad by 08600 10111 gemaak word. Alternatiewelik kan wenke deur die MySAPS-toepassing verskaf word.

Alle inligting wat ontvang word, sal vertroulik hanteer word en jy mag kies om anoniem te bly.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.