Die liggaam van ‘n onbekende vrou in haar laat 20’s is Maandag 5 Junie in ‘n oop veld naby Midstreamrivier gevind. Die polisie ondersoek ‘n saak van moord omdat die vrou se liggaam onherkenbaar verbrand is.
Die polisie doen ‘n beroep op enigiemand wat ‘n geliefde vermis, om die Doornkop-polisie by 011 765 8081 te kontak.



