Gemeenskap in rou ná bejaardes op plaas gemartel, verbrand is

Deel hierdie storie / Share this story

Die Suid-Afrikaanse gemeenskap is in rou na die grudood van die 73-jarige Anneke Claassen en haar vriend Hennie Claassen.

Boodskappe van medelye en haat teenoor die skuldiges stroom in op sosiale media nadat dit aan die lig gekom het dat die twee persone Saterdag op die plaas Klipfonteinhoek in Limpopo vermoor is.

Lt.genl. Thembi Hadebe, provinsiale polisiekommissaris in Limpopo, het die aanval op die Claassens as “brutaal en sinneloos” beskryf.

Volgens inligting is die polisie in kennis gestel dat daar “moeilikheid” op die perseel was. Polisielede is na die toneel ontbied. Met hulle aankoms het hulle die twee verbrande liggame aangetref.

‘n Manlike verdagte wat ‘n balaklawa gedra het, is glo gesien toe hy die toneel verlaat het.

Die rede vir die moorde is nie bekend nie.