Voertuig ongeveer 50 m teen wal af, bejaarde ongedeerd

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Man (77) het beserings vrygespring nadat hy Dinsdagmiddag 6 Junie 2023 met sy voertuig teen ‘n wal in Grangetown, KwaZulu-Natal af is en onder teen ‘n boom gebots het.

Reaction Unit South Africa is omstreeks 14:03 na die toneel ontbied.

Met aankoms het hulle gevind dat ‘n bejaarde man deur die publiek bygestaan word.

Hy het verduidelik dat hy in Hoogstraat na die Sekondêre Skool Verulam op pad was.

Sy sandaal het aan die versneller vasgehaak, wat veroorsaak het dat hy beheer oor die voertuig verloor het.

Volgens getuies het ‘n silwer Renault Sandero oor ‘n stopstraat gejaag voordat dit die pad verlaat en die lug in is.

Die voertuig is ongeveer 50 meter teen ‘n wal af voor dit teen ‘n boom gebots het en baie skade in die proses opgedoen het.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.