Boer (70) doodgeskiet – liggaam in plaashuis gekry

Deel hierdie storie / Share this story

Joseph Payne (70) se liggaam is op ‘n plaas in sy huis in Perdekop, Gert Sibande-distrik, Standerton, Mpumalanga gevind.

Kol. Donald Mdhluli, polisiewoordvoerder, sê volgens ‘n verslag is die polisie op Perdekop na ‘n toneel ontbied.

Met aankoms is die grusame ontdekking van Payne se liggaam, met ‘n skietwond, gemaak.

Sy hande was met ‘n kabel vasgebind. Paramedici het hom op die toneel dood verklaar. Payne is deur sy familie geïdentifiseer.

‘n Selfoon en beursie is op die kombuistafel gevind. Drie rekenaars was ook op die misdaadtoneel gevind, sowel as vuurwapens en ammunisie wat vermoedelik aan die oorledene behoort.

Daar was bloedvlekke op die toneel.

Voorlopige ondersoek dui aan dat die verdagtes moontlik toegang deur ‘n motorhuisdeur verkry het.

Lt.genl. Semakaleng Daphney Manamela, provinsiale kommissaris, het die misdaad streng veroordeel en beloof dat die polisie onvermoeid sal werk om die verdagte(s) aan die pen te laat ry.

Nog geen inhegtenisnemings is gemaak nie.

Enigiemand met inligting om die verdagte(s) aan te keer, kan Stop Misdaad by 08600 10111 kontak.

Alternatiewelik kan van die MySAPS-toepassing gebruik gemaak word.

Inligting kan vertroulik gegee word en inbellers mag anoniem bly.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.