Die polisie op Mthatha het die hulp van die publiek versoek vir inligting oor vier moorde wat twee dae uit mekaar plaasgevind het.
Twee liggame wat onherkenbaar verbrand is, is Saterdag ongeveer 18:00 in ‘n bakkie in die Kaplani-woonbuurt buite Mthatha in die Oos-Kaap gevind.
AO Majola Nkohli, polisiewoordvoerder, sê die polisie is na ‘n moordklag ontbied waar die liggame in ‘n bakkie, wat volgens voorlopige ondersoek aan die departement van korrektiewe dienste behoort, in bosse gevind is.
Twee sake van moord is vir ondersoek geopen. Die identiteit van die oorledenes sal met ‘n forensiese ondersoek vasgestel word.
Lunga Feya (27) en Luthando Thingithingi se liggame is Maandag 5 Junie 2023 ongeveer 15:00 in ‘n dam in Kaplani-woonbuurt buite Mthatha in die Oos-Kaap gevind dryf.
Twee sake van moord is vir ondersoek geopen.
Die polisie versoek enigiemand met inligting aangaande die vier moordsake om met die volgende nommers in verbinding te tree:
Ondersoekbeampte – 062 310 2714, Stop Misdaad by 08600 10111 of maak van die MySAPS-toepassing gebruik.
Lt.genl. Nomthetheleli Mene het die moorde veroordeel en ‘n taakspan geaktiveer om die skuldiges op te spoor en voor die gereg te bring.
“I have faith in the team and we will not rest until there is a breakthrough. We appeal to the communities to work with the police, and to report any information that can assist in the investigation” het Mene gesê.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



