Verdagtes vir handel met onwettige edelgesteentes vasgetrek

Deel hierdie storie / Share this story

Drie verdagtes is Saterdag vir die onwettige handel in diamante en smaragde by ‘n winkelsentrum in Mayville, Wonderboompoort-polisiëringsarea in Tshwane (Pretoria) in hegtenis geneem.

Kol. Mavelo Masondo, provinsiale polisiewoordvoerder, sê die waarde van die edelstene beloop sowat R3,6 miljoen.

‘n Inligtinggedrewe operasie onder die bevel van lt.kol. Malatjie, stasiebevelvoerder van Wonderboompoort-polisiestasie, saam met nog rolspelers, het plaasgevind, waarna twee Namibiese mans en ‘n vrou van Suid-Afrika in hegtenis geneem is.

‘n Wit Honda-sedan met Namibiese registrasienommer is deursoek, waarna 36 diamante en ses smaragde, op verskeie plekke versteek in die voertuig gevind is.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.