Lees ook: Harry en Meghan ‘geskok’ deur ‘kwetsende’ reaksie aan ‘katastrofiese’ jaagtog
Die regter in prins Harry se foonkraaksaak (hacking) teen die uitgewer van die Daily Mirror het sy frustrasie uitgespreek na prins Harry nie vandag in die hof opgedaag het nie.
Prins Harry sou vandag in die hooggeregshof verskyn het, maar dit het bekend geword dat hy eers Dinsdag sy getuienis sal lewer na hy gister sy dogter Lilibet se tweede verjaarsdag gevier het en moontlik daaroor vertraag is.
Die regter het gesê hy is “verbaas” om te hoor Harry gaan nie vandag in die hof wees nie, want hy het vroeër in die verhoor gesê die getuies moet die dag voor hulle in die hof moet verskyn beskikbaar wees vir ingeval die regspanne se openingstellings kort is.
Die prokureur vir Mirror Group Newspapers het gesê hy wou ‘n dag en ‘n half gehad het om Harry te ondervra en is “ongelukkig” dat Harry nie voor Dinsdag in die hof gaan wees nie.
Harry dagvaar MGN vir skadevergoeding oor 140 stories wat tussen 1996 en 2010 gepubliseer is met inligting wat deur onwettige wyse verkry is, soos deur die kraak van sy foon.
Bronne: iNews, Sky News, The Telegraph, LBC
Lees ook: Harry en Meghan ‘geskok’ deur ‘kwetsende’ reaksie aan ‘katastrofiese’ jaagtog



