Anneke Claasen (73) en Hennie Claassen (77) is die twee bejaardes wat geïdentifiseer is as die persone wat Saterdag op die plaas Klipfonteinhoek by die hotel by die Eggo-grotte, Orighstad in Limpopo dood gekry is.
Beide was gemartel en aan die brand gesteek.
Marcelle Maritz, VF Plus-LPW en provinsiale leier in Limpopo, sê hulle sal Dinsdag 6 Junie 2023 die slagoffers se families besoek.
Desiree van der Walt MPL – DA-koukusleier van Limpopop-wetgewer, sê die party veroordeel die gruwelike plaasmoorde buite Orighstad en vra vir dringende aksie.
‘n Prominente sakevrou en haar neef, onderskeidelik 77 en 73 jaar oud, is Saterdag 3 Junie 2023 omstreeks 13:30 in twee huise by ‘n hotel in die Sekhukhune-distrik, buite Orighstad, Limpopo aangeval en aan die brand gesteek.
Kol. Malesela Ledwaba, polisiewoordvoerder, sê ‘n soektog is na die skuldige geloods.
Die polisie is in kennis gestel van ‘n voorval wat probleme by die perseel aangedui het. Met aankoms op die toneel is twee verbrande liggame van ‘n wit vrou en man in die verskillende huise gevind.
Die oorledenes is as ‘n prominente sakevrou en haar neef geïdentifiseer.
Volgens inligting is ‘n man, geklee in ‘n balaklawa, gesien toe hy glo van die toneel gevlug het. Die motief vir die moorde is onbekend en geen inhegtenisnemings is gemaak nie.
Die ondersoek duur voort.
Lt.genl. Thembi Hadebe het die brutaliteit van die misdaad veroordeel en vra dat persone met inligting na vore sal kom.
Enigiemand met inligting kan met speur.lt.kol. Richard Boshomane by 079 894 5501 of AO Phaladi Makola by 082 749 2233 in verbinding tree.
Alternatiewelik kan Stop Misdaad by 08600 10111 gekontak word of die naaste polisiestasie of daar kan van die MySAPS-toepassing gebruik gemaak word.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



