Lees ook: Woolworths gekritiseer vir ‘Pride month’-veldtog
Suid-Afrikaanse besighede word gewaarsku om te beplan vir fase 8-beurtkrag en ‘n “total blackout” om te verseker hulle is voorberei ingeval dit gebeur.
Die Financial Sector Contingency Forum het gesê selfs al is die kans van ‘n totale ineenstorting van die kragnetwerk klein, berei hulle steeds voor daarvoor om die impak op die ekonomie en finansiële sisteem te verminder.
Die Standard Bank-hoof Sim Tshabalala het ook gesê besighede moet voorberei vir ‘n “total blackout” selfs al is die kans daarvan min.
Die kanse is groter dat fase 8-beurtkrag in die winter ingestel sal word, wat sal beteken dat die krag vir die helfte van die dag af gaan wees. Dit bedreig die ekonomie en besighede is gewaarsku om voor te berei vir die moontlikheid daarvan.
Bronne: My Broadband, Daily Investor, African Crisis



