Owerhede sê seinstelsel veroorsaak Indiese treinongeluk

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Gerhard Ackerman se tweede seksuele aanrandingsaak uitgestel tot Julie

Owerhede het Sondag gesê die Indiese treinongeluk waarin ongeveer 288 mense oorlede en 12 000 beseer is, is veroosaak deur ‘n probleem met die seinstelsel.

Drie treine het Vrydagaand naby Balasore in Odisha in mekaar vasgery. Die owerhede het gesê hulle weet wat die ongeluk veroorsaak het en wie verantwoordelik is daarvoor, maar dit sal onvanpas wees om nou al die inligting bekend te maak.

Volgens verslae het ‘n verkeerde sein veroorsaak dat die Coromandal Express na ‘n ander spoor oorbeweeg het, waarna dit teen ‘n ander trein gebots het. Die treine het ‘n eksprestrein ontspoor toe dit verby die ongeluk gery het.

Die dodetal sal na verwagting styg. Die soektog na oorlewendes is Saterdagaand opgeskort.

Bronne: eNCA, EWN, CBS News

Lees ook: Gerhard Ackerman se tweede seksuele aanrandingsaak uitgestel tot Julie