Allan Thomas (33) word sedert 31 Mei 2023 uit ‘n rehabilitasiesentrum in Theoville Vanderbijlpark, Gauteng, vermis.
Thomas is ongeveer 01:00 op dié dag laas opgemerk. Hy is lank en skraal, weeg ongeveer 95 kg en is 1.7 m lank. Dit is onbekend wat hy aangehad het.
Uitkenbare merke is tatoes op sy arms en bors en hy het ‘n letsel op sy regterhand.
Enigiemand wat weer waar hy hom bevind, kan met die volgende persone in verbinding tree:
Sers. Hlakotsa – Vanderbijlpark-polisie – 079 9922 594 of Stop Misdaad by 08600 10111.
Pink Ladies Organisasie by 072 214 7439 of 083 378 4882
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



