Florence Bongo (43) is Donderdag 4 April 2022 by Checkers Section, Maboloka-woonbuurt op Brits, in ‘n geslagsgebaseerde daad vermoor.
Kapt. Sam Tselanyane, polisiewoordvoerder, sê Ishmail Mofolo, Bongo se moordernaar, is deur sy broer gebel om te hoor waarom die paartjie nie soos afgespreek by Letlhabile Mall was nie.
Mofolo het vir sy broer gesê hy het iets vreeslik gedoen en die foon neergesit.
Hy het steeds in sy ouerhuis gebly en sy broer en suster is na die oproep saam daarheen.
Met aankoms by die huis het hulle geklop, maar daar is nie oopgemaak nie, wat hulle forseer het om die deur oop te breek.
Hulle het op Bongo se lewelose liggaam vol bloed afgekom. Mofolo het in ‘n poging tot selfdood gif gedrink.
Die polisie is ontbied. Mofolo is in hegtenis geneem en is onder bewaking na ‘n hospitaal.
Die borg wat hy tydens sy hofverskyning ontvang het, is op 1 Junie 2023 ná sy skuldigbevinding in die Noord-Gauteng Hooggeregshof in Pretoria teruggetrek.
Hy is tot 15 jaar direkte tronkstraf vir Bongo se moord gevonnis.
Lt.genl. Sello Kwena, die provinsiale polisiekommissaris, het die ondersoekwerk van speur.sers Julius Nkgoeng van Letlhabile-speurtak in Noordwes en ander rolspelers wat die NVG insluit vir hul uitstekende samewerking geprys.
Hy sê die vonnisoplegging moet ‘n streng boodskap uitstuur aan diegene wat hulself aan geslagsgebaseerde geweld en vrouemoord skuldig maak, dat hulle deur die wet in die gesig gestaar word.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



