Ma in hegtenis na twee kinders se dood

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Ma (39) is in hegtenis geneem nadat haar seuns, onderskeidelik 15 en 19 jaar oud, in Tseki, Vrystaat, Donderdag 1 Junie 2023 dood is.

Sers. Mahlomola Kareli, polisiewoordvoerder, sê na bewering het die seuns van die skool tuisgekom en kos wat glo deur hul ma voorberei is, geeët.

Die seuns het na wat beweer word siek gevoel en is in ‘n privaat voertuig na ‘n plaaslike hospitaal geneem.

Met aankoms by die hospitaal is hulle na die ongevalle-afdeling geneem, maar beide is kort daarna oorlede.

Die ma is glo huis toe en is kort na haar aankoms met dieselfde simptome na die hospitaal gehaas.

Twee moordsake is geopen en die ma is in hegtenis in die hospitaal onder bewaking.

Die ondersoek na die voorval duur voort.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.