Ma waarsku oor blindings se toue

Deel hierdie storie / Share this story

Nadia du Toit het ‘n belangrike waarskuwing vir ouers.

Sy het op 25 Mei 2023 ‘n plasing op Facebook gemaak waarin sy haar man Cameron du Toit ook getag het.

Carter, hul seun, het die betrokke aand op ‘n bank gestaan en sy balans verloor, waarna die blindings se toutjie wat in sy hand was om sy nek gedraai het.

Gelukkig kon sy in die oomblik baie vinnig by hom uitkom om hom te help.

Hy het egter reeds aan die koord gehang, besig om te versmoor.

Sy het foto’s van sy nek gedeel waar die koord om sy nek gedraai was.

Nadia het ouers gewaarsku om oplettend te wees oor die gevaar wat blindings se koord vir kinders kan inhou.

Haar waarskuwing is reeds meer as 3 000 keer gedeel.

Lees haar plasing hier:

Dankie Liewe Jesus dat Carter ok is <3 Hy het vanaand op die kant van die bank gestaan met die blindings se toutjie in sy hand. Hy het die toutjie vorentoe geswaai, verloor toe balans en voet gly van die kant van die bank af. Die toutjie gaan draai toe om sy nek en hy hang met al sy gewig aan die tou wat om sy nek gaan knoop het in die lig, besig te versmoor. Dankie Liewe Jesus ek was in die kombuis en was binne sekondes by hom om hom te help. ‘n Prentjie wat ek nooit gedink het ek sou sien
…ASB mammas/pappas, wees bewus van die blindings se toutjies wat so iets kan laat gebeur. Iets waaraan ons nooit gedink het. (ja ons skel hom permanent, moenie op die banke staan of speel, ongelukke gebeur so gou!) ASB voel vry om die post te share met ander ouers op fb🙏

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.