Drie gewapende mans is Vrydagoggend 2 Junie 2023, nadat hulle vermoedelik ‘n gewapende roof uitgevoer het, in ‘n winkelsentrum in Westville, KwaZulu-Natal, doodgeskiet.
Kol. Robert Netshiunda sê na bewering het ‘n slagoffer ‘n onbekende bedrag kontant by ‘n bank onttrek.
Die drie verdagtes het hom glo oorval en van kontant beroof. Hulle het daarna in twee wegkom-motors van die toneel gevlug.
Polisie het dadelik reageer en die verdagte voertuig in Dudleystraat opgemerk.
‘n Hoëspoed jaagtog het ontstaan.
Die verdagtes het besef hulle is in ‘n hoek vasgekeer en het op die polisie geskiet. Polisielede het teruggeskiet en die verdagtes is noodlottig gewond.
Geen beserings is deur die polisielede opgedoen nie.
Opod is vir verdere ondersoek ontbied.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



